Welcome to 2 GAIN MARKETING CORPORATION - WHITEBOARD Saturday, May 30 2020 @ 06:12 am SAST

KRY JOU REG VIR DIE GEORGE-LANDBOUSKOU

GEORGE SAKENUUS - Die populêre George-landbouskou, wat verlede jaar meer as 18 000 voete trek, vind vanjaar van Donderdag 29 Augustus tot Saterdag 31 Augustus plaas by die George-skouterrein.

Wanneer jy van die landbouskou lees, waaraan dink jy? Pragtige perde, skape en beeste plus goeie vermaak. Wie onthou die spookasem, lekker vetkoek met kerriemaal-vleis, bo-baas pannekoeke en 'n lekker koue koeldrank terwyl die plaasdiere jou vermaak?
So, kom ervaar die landbouskou waar daar iets vir die hele gesin aangebied word.

Huisvlyt gaan al die lekkernye aanbied.

Die Suid-Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman, en Michael Lindt tree die Donderdagaand saam met verskeie plaaslike kunstenaars op tydens die kroning van Mnr. en Mej. Skou 2019.

Die rieldansers van Calitzdorp, die Graskoue Trappers en Hip-Hop dansers, tree vanjaar weer op en sal Saterdag skougangers vermaak.

Die skouraad wil u graag uitnooi om die kaas- en wyntent te besoek. Dis die tweede jaar wat die raad van die George-landbouskou en Suid-Kaap Kollege saamwerk met die aanbied van die kaas- en wyntent. Die kaas- en wyntent dien as 'n fondsinsamelings-projek vir die kollege se George-kampus.

Maak vir jouself 'n koppie koffie en blaai rustig deur ons webtuiste www.georgelandbou-skou.co.za. Hoe anders gaan jy saampraat as almal gesels oor die George-landbouskou?

Sonder ons borge sou ons nooit so ver gekom het nie.

Baie dankie aan elkeen wat 'n bydrae maak om ons 159ste skou hierdie jaar te kan hou!

Vir meer inligting skakel die skoukantoor by 044 873 4165 of Christo by 079 285 0337.

'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'
https://www.georgeherald.com/News/Art...1908130334